Sosiale media en bemarking vir tandheelkunde in 2021

Teen 2021 word dit verwag dat tandheelkundige bedryf wêreldwyd sowat R500 miljard werd sal wees. En vir enige praktyk, wat wil deel in die groei is ʼn suksesvolle sosiale media plan belangrik.

Vir dekades het professionele dienste uitsluitlik op reputasie en mond-tot-mond bemarking staatgemaak. Maar ons is nou in 2019 en meer waarskynlik as nog ooit  is alle besighede se teiken mark op sosiale media.

Dink aan Facebook as die Geelbladsye van 30 jaar terug – aanlyn is nou waar mense informasie  soek, besigheid adverteer en die beste van alles, waar mondelikse bemarking voort leef.

Is sosiale bemarking belangrik vir ʼn praktyk?

Soos in enige ander besigheid is bemarking noodsaaklik vir groei. Die bemarking van ʼn praktyk is niks anders as die bemarking van ʼn dienste besigheid nie.  Die enigste verskil is dat pasiënte weet dat hul ʼn tandarts op ʼn gereelde basis moet besoek. Die uitdaging is om eenvoudig mense te herinner om hul afsprake te skeduleer en om hulle te help om die vrees en angs vir die stoel te oorkom.

Meer en meer tandheelkundige praktyke sien voordele in die aktiewe bestuur van hul sosiale media. Soek op Google of Facebook vir u kompetisie en kyk hoeveel praktyke in u omgewing het al klaar ʼn aanlyn teenwoordigheid.

Die voordele van sosiale media:

  • Dit bied aan ʼn gelyke speelveld
  • Dis baie goedkoper as koerant advertensies of reklame borde
  • Dit bly vir altyd beskikbaar aanlyn

En baie belangrik

  • Dis die beste maniere om verhoudings met ʼn teiken groep te bou en te behou.

 

Dit beteken dat u direk met u klante kan kommunikeer en hulle oortuig  van u kwaliteit diens en dat u waarde vir geld aanbied.

U kan ook sosiale media gebruik om pasiënte meer gemaklik te laat voel voordat hulle u spreekkamers besoek.

U kan uitbrei oor u sukses en goeie rekord en kliënte gerus laat voel dat hulle in goeie hande is.

Verwyder die stigma deur middel van pret en ligte sosiale inhoud.

Deur die praktyk ‘n interessante persoonlikheid te gee, verseker u dat mense uitsien om julle te besoek.

Sosiale media help met die bou van vertroue en die kweek van ʼn langtermyn verhouding.

 

 

Onthou dat u nie net tandepasta en vulsels verkoop nie – u verkoop vertroue , goeie gesondheid en bo alles ‘n goeie ervaring.

Sosiale media is die platform wat u benodig om met pasiënte te kommunikeer in ʼn warm en vriendelike omgewing deur hul te herinner dat u praktyk belangstel in hul as persoon en nie net tande nie.

 

Search

Sosiale media strategie

In beide groot stede en klein landelike gebiede is advertensie ‘n brood- en botter-taktiek om nuwe kliënte te verwerf. Hoeveel van hierdie tyd en moeite spandeer u egter op sosiale media?

Hoe meer digitaal gefokus die wêreld word, hoe meer sal ondernemings besef dat Facebook, Twitter en Instagram nie net kanale is vir kat foto’s nie.

Dit is ‘n plek waar besighede nuwe kliënte ontdek, kommunikeer met bestaande kliënte en ʼn sterk handelsnaam bou.

 

Hier is ‘n paar maniere waarop U sosiale media kan gebruik

  1. Bou verhoudings

Baie mense vind ʼn besoek aan die tandarts as ʼn onaangename ervaring.  Trouens, sommige mense is so bang dat hulle dit totaal vermy. Gelukkig bied sosiale platforms u die geleentheid om verhoudings met u gehoor te skep deur middel van kliënt getuigskrifte, ervarings, vriendelike omgewing en die belangrikste, die suksesvolle resultate.

  1. Lok nuwe kliënte

Baie individue soek hulp op die internet. Meer as die helfte sal aanlyn informasie en verwysings soek. Dikwels vra mense hul vriende en die aanlyn gemeenskap vir ʼn aanbeveling. Daarom is dit noodsaaklik dat u praktyk suksesvol verteenwoording word waar mense hul tyd spandeer en inligting soek.

  1. Verhoog aanlyn bewustheid.

Elke dag vind daar meer as 1,5 miljard soektogte plaas op Facebook, dit is nog steeds klein as mens dit met Google se 3,5 miljard vergelyk, maar dit is tog ‘n indrukwekkende syfer en maak Facebook nog steeds ʼn reuse sukses.  ‘N sosiale teenwoordigheid plaas al klaar u praktyk op die voorgrond en doen wonders vir bewuswording .

 

Is U praktyk gereed vir 2019?

Sosiale netwerke word elke dag groter en met die vinnige groei van die internet, gebruik al meer mense daagliks hierdie vorm van kommunikasie. Of u nou meer pasiënte by die deur wil in kry, of sukkel om pasiënte te behou, is dit belangrik dat u bewus is van die bemarkings tendense.

As ‘n ervare bemarker van professionele dienste, glo ek dat die praktyk wat bereid is om sosiale bemarking aan te gryp, sal die meeste sukses behaal en meer pasiënte lok en behou in die toekoms.

 

 

Are you looking to take your digital marketing efforts to the next level? Look no further than Chilli Media Digital Marketing Agency.

At Chilli Media, we are a team of experienced and knowledgeable professionals who are focused on helping our clients achieve their marketing goals. We have a deep understanding of the latest trends and technologies in the digital marketing industry, and we use this knowledge to develop effective marketing strategies that deliver measurable results.

You might also enjoy