loader image

Die kopiereg wet en sosiale media

Ons weet almal dat sosiale media “posts” beter presteer met foto’s as sonder  foto’s. Ongelukkig kyk baie min besighede na kopiereg, veral wanneer hul op sosiale media iets plaas- wat n groot fout is! Want elke jaar word talle klein en groot maatskappye gepenaliseer vir die gebruik van kreatiewe beelde sonder toestemming.

As bemarker, digitale bestuurder en/of sake-eienaar, moet jy baie goed aandag gee aan kopiereg en gebruiks reg veral op sosiale media, want jy, jou besigheid en handelsmerk kan daaronder ly.

Kom ons kyk kortliks na die kopiereg wet en ander bepalings.

Wat is ‘n kopiereg? Dit is ‘n eksklusiewe reg wat deur die wet vir ‘n beperkte tyd verleen word aan ‘n skrywer, ontwerper, ens. vir sy / haar oorspronklike werk. In die Suid-Afrikaanse reg duur dit gewoonlik 50 jaar of meer, afhangende van die tipe werk.

Onder plaaslike en internasionale kopiereg word alle vorme van oorspronklike werke van outeurskap, insluitende foto’s, video’s, grafika, illustrasies, klank en meer, beskerm. As besigheidseienaar kan jy baie moeilikheid ondervind as jy werke en ander vorms van advertensie re-produseer of versprei sonder toestemming, en volgens die wet kan die skepper regstappe teen jou en jou besigheid neem.

In Suid-Afrika beskerm die wet op kopiereg sekere klasse of kategorieë van werke.

  1. Literêre werke bv. boeke en geskrewe samestelling romans.
  2. Musiekwerke bv. liedjies.
  3. Artistieke werke bv. skilderye, foto’s en tekeninge.
  4. Cinematografiese films bv. program-dra sein wat deur satelliet oorgedra is.
  5. Klank-opnames.
  6. Uitsendings bv. uitsaai van films of musiek.
  7. Program-draende seine bv. seine wat ‘n program insluit.
  8. Gepubliseerde uitgawes, bv. Eerste druk deur watter proses ook al.
  9. Rekenaar programme.

 

Hier is ook ander definisies wat jy ook mag teëkom deur die loop van jou soektog na kreatiwe werke vir jou besigheid.

Lisensiegeld is die prys wat ‘n lisensiegewer aan ‘n lisensiehouer hef in ruil vir die toekenning van gebruik toelaat.

Royalty Free, of RF, verwys na die reg om te gebruik sonder die behoefte vir n lisensie vir elke keer wat jy dit gebruik of hergebruik. Jy betaal n eenmalige bedrag en kan dit so veel keer gebruik soos jy wil.

Regte Bestuur, of RM, gee die lisensiehouer die vermoë om ‘n spesifieke werk op ‘n spesifieke manier vir ‘n spesifieke tydperk te gebruik.

Gebruiksregte is die terme van die lisensie wat spesifiseer die tipe media, die grootte, duur en plek waarin dit mag verskyn.

Die goeie nuus vir ons as klein besighede is dat daar ‘n groeiende rykdom van gratis kreatiewe voorraad jaarliks beskikbaar gestel word. Dus, voordat jy jou selfoon gryp en begin uit fokus foto’s te neem vir jou besigheid, kyk na alternatiewe soos voorraad-foto webtuistes wat gratis werke aanbied.

 

Hier is my lys van top 9 webwerwe om kreatiewe werke vir jou besigheid, blog of sosiale media te vind.

 

1.Pexel

2.Unsplash

3.Pixabay

4.Good Stock

5.Free Food Photos

6.Burst

7.Stocksnap

8.Styled stock

9.Free Stock

 

Hier sal jy hoë kwaliteit en heeltemal gratis voorraad foto’s kry.

Baie is “Creative Commons Zero”, wat beteken dat hulle gratis gebruik kan word vir enige doel, insluitend kommersiële gebruik, sonder enige erkenning. Waar, sommige CC2.0 is – vry is vir kommersieel te gebruik, maar jy moet toekenning gee. Onthou, jy is verantwoordelik om te verseker dat die onderwerp of werk  (logo’s, privaat eiendom, ens.) wat jy gebruik nie die ontwerper se regte-oortree nie.

So, maak seker dat jy die bepalings en voorwaardes van elke webwerf nagaan en krediet gee wanneer nodig en maakgebruik van die magdom gratis werke wat deesdae beskikbaar is!

 

Are you looking to take your digital marketing efforts to the next level? Look no further than Chilli Media Digital Marketing Agency.

At Chilli Media, we are a team of experienced and knowledgeable professionals who are focused on helping our clients achieve their marketing goals. We have a deep understanding of the latest trends and technologies in the digital marketing industry, and we use this knowledge to develop effective marketing strategies that deliver measurable results.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You might also enjoy

It has come to our attention that there are individuals or groups falsely claiming to be affiliated with Chilli Media, recruiting freelancers for review jobs, including the creation of fake reviews.We want to emphasize that Chilli Media is not currently recruiting any freelancers for such purposes. Any claims suggesting otherwise are false and should be treated with extreme caution.