Die 4de Kwartaal se Globale Digitale Statistieke is onlangs vrygestel deur Hootsuite en We Are Social.
Die nuutste verslag is baie omvattended maar ek wil graag net fokus op ‘n paar punte wat ek belangrik vind vir sosiale media en die bemarking van jou besigheid.
Top Webwerwe
Alphabet Inc. die beheer-maatskappy van beide Google en YouTube gaan voort om die wêreld se top webwerf ranglys te oorheers.
Afrika en Asië
Miljoene mense oor Afrika en Suid-Asië het die afgelope drie maande vir die eerste keer aanlyn gekom, wat is nog meer belangrik is, is dat omtrent al hierdie nuwe verbruikers toegang het tot die internet danksy selfone.
Sosiale Media Groei
Ongeveer 3,4 miljard mense regoor die wêreld het sosiale media gebruik in September 2018, op 10% teenoor September 2017. En 68 miljoen mense het vir die eerste keer aanlyn gekom tussen Julie en September 2018.


Selfone en skootrekenaars
Die deel van die totale web verkeer wat van ander toestelle afkomstig is, insluitend tablette, bly daal, maar dit kan deels wees deur ‘n toename in die totale volume verkeer van selfone en skootrekenaars, eerder as mense hul gebruik van ander toestelle verminder soos tablette.
Die wêreld se grootste sosiale webwerf het 38 miljoen nuwe verbruikers in die drie maande tot Junie bygevoeg, wat 1,7 persent groei kwartaal-op-kwartaal verteenwoordig. Facebook reken hulle het sowat twee in elke drie van die wêreld se sosiale media verbruiker op hul platform.
Instagram groei vinnig en nie net vir Gen Z nie. Die jongste syfers toon dat die besighede kan nou meer as 100 miljoen gebruikers oor die ouderdom van 45 via Instagram-advertensies bereik.
Baie van die verslag se data weerspieel wat ons in Januarie 2018 gesien is. Die hoof weg neem punt is die groei van aanlyn verbruikers uit Afrika, wat ek glo nie geïgnoreer moet word deur besighede wat wil by die tye wil hou nie.
Wat dink jy van die nuutste statistieke?